English English

 


WIE ONS IS:


Die PJ Olivier Kunssentrum vorm 'n integrale deel van die Stellenbosch-gemeenskap wat kunsopvoeding betref. Die basiese beginsel wat ons Sentrum se bestaan onderlę, is om beter kunsopvoeding op 'n kostedoeltreffender wyse aan volwassenes en leerders uit die verskeie skole in die Stellenbosch-streek te bied. In die praktyk beteken dit dat slegs 'n beperkte getal hoogs vaardige kunsopvoeders strategies in 'n spesifieke gebied geplaas hoef te word, en dus hoef slegs een gebied ten volle toegerus te word met die gespesialiseerde fasiliteite wat vir kunsopvoeding nodig is om die gemeenskap in Stellenbosch en die omliggende gebiede te dien.

Ons is altyd toegewyd tot die lewering van die beste moontlike kunsopvoeding aan ons leerders en die handhawing van die uitstekende reputasie wat die Kunssentrum deur geďnspireerde onderrig, harde werk en leierskap oor 50 jaar heen verkry het.

+ Visie
Om inklusiewe kunsopvoeding aan alle leerders van ons multikulturele samelewing te bied en 'n voorbeeldige en leidende rol te speel ten einde waarde tot mense se lewens toe te voeg.


Missie
" Om as 'n skakel tussen leerders, ouers en die publiek van Stellenbosch te dien. "

+Om kreatiewe denke en probleemoplossingsvaardighede onder mense te ontwikkel ten einde groter bewustheid van hulself en die omgewing aan te moedig.


Ons tien hoogs gekwalifiseerde vakspesialiste onderrig verskeie kunsdissiplines op die gebiede van visuele kuns en ontwerp:

Mnr N. Koegelenberg Tekstielontwerp
Me C. Nel Keramiek
Me M. Basson Fotografie
Me M. Beukes Skilderkuns
Me I. Botha Grafiese Kuns
Me D. de Beer Visuele Tekenkuns
Me R. Verhoog Algemene Kuns Graad 8 en 9
Me P. Botha Ontwerp Illustrasie
Me N. Botha Ontwerp Illustrasie
Me L.Harley Beeldhoukuns