|
|
WAT ONS DOEN
Die PJ Olivier Kunssentrum is een van slegs 'n paar kunssentrums
in Suid-Afrika. Gedurende die afgelope paar dekades is kunssentrums
as instellings van uitnemendheid gevestig danksy die hoë standaarde
wat deur opvoeders en leerders gehandhaaf word asook die talle
prestasies op sowel nasionale as internasionale vlak.
Ons glo daarin om te fokus op die estetiese opvoeding van die
holistiese persoon eerder as net op tegnies georiënteerde 'opvoeding'
in die produktiewe vaardighede. Dit beteken die stimulering
en ontwikkeling van die individu se kreatiewe denke, kritiese
kapasiteit en visuele geletterdheid geniet voorkeur bo die blote
'voortbring' van kunswerke wat natuurlik uit die kreatiewe proses
vloei.
Ons is 'n trotse diensverskaffer aan 16 skole in die groter
Stellenbosch- en omliggende gebied en bied kurrikulêre en buitemuurse
kursusse in kuns en ontwerp aan leerders van graad 1 tot 12.
Kyk gerus op ons Onderrig
bladsy vir meer inligting oor die kursusse wat ons aanbied of
kyk na ons Kennisgewingbord
vir opwindende nuus oor wat in die volgende paar
maande voorlê. Tydens ons bestaan van 57 jaar is die Kunssentrum
op talle manier vereer vir ons leerders se prestasies - die
Kunssentrum is verkies as ontvanger van die medalje vir die
'skool' wat die beste junior skoolkuns vir die Internasionale
Uitstalling van Skoolkuns in Lidici in die Tsjeggiese Republiek
in 1998 en weer in 1999 gelewer het.
Ons bydraende leerders het met trots hul individuele toekennings
ontvang. Op verskeie geleenthede het sommige van ons leerders
deelgeneem aan internasionale uitstallings in Spanje, Japan
en Noord-Amerika. Ons leerders in die laerskool-afdeling wen
jaarliks verskeie toekennings en pryse by die Santam-skoolkunskompetisie.
Talle van ons leerders se werk is gekies vir die Santam Nasionale
Uitstalling en vir hul kalender. |
 |
|
|