English

 


GESKIEDENIS


Die PJ Olivier Kunssentrum is in 1953 gestig en is vernoem na 'n voormalige administrateur van die ou Kaapprovinsie. Die eerste tuiste van die Kunssentrum was in Fernbank Villa in Van Riebeeckstraat, waar ons met slegs 'n handjievol leerders begin het. In 1967 verskuif die Kunssentrum na sy huidige tuiste in Blomstraat op die Braak.

Die gebou waarin die Kunssentrum gevestig is, is as 'n nasionale monument verklaar en word beskou as een van die historiese skoonhede van Stellenbosch. Dit is in 1905 gebou, en die statige argitektuur en omliggende tuine van die Kunssentrum bied 'n vreedsame atmosfeer wat die verbeelding stimuleer en verseker dat die kreatiewe aktiwiteite van jonk en oud blom.