English

 

VISUELE KUNS - VISUELE TEKEN

In Visuele Tekening moet leerders die vaardighede verwerf wat nodig is om wat hulle sien in oorspronklike tekeninge te kan omvorm wat oorspronklike visie met 'n hoë mate van tegniese vaardigheid verenig.

Graad 10: Leerders fokus hoofsaaklik op tegnieke van waarnemende lewensgetroue tekenkuns, en gebruik tradisionele media soos potlood en houtskool.

Graad 11: Leerders verken 'n verskeidenheid visuele bronne asook media. Op hierdie vlak word van leerders verwag om inhoud tot hul werk te voeg deur die simboliese potensiaal van die verbeelding in ag te neem.

Graad 12: Daar word van leerders verwag om op 'n gunstelingmedium te fokus om 'n hoë graad van tegniese vaardigheid in daardie medium te ontwikkel. Daar word van hulle verwag om 'n individualistiese benadering tot onderwerp en styl te ontwikkel.