English

 

VISUELE KUNS - SKILDERKUNS

Skilderkuns is die kuns waarin verf, kleurstof, kleur of enige ander medium op 'n tweedimensionele, voorbereide plat oppervlak, soos skilderdoek, op 'n verteenwoordigende, verbeeldingryke of abstrakte wyse aangewend word. Die elemente van ontwerp word op verskeie maniere gebruik om gewaarwordings van volume, ruimte, beweging en lig voort te bring. Skilderkuns is meer 'n verstandelike proses as 'n tegniese kuns, en 'n goeie skildery is nóg 'n siellose nabootsing van iets nóg 'n 'ingekleurde' tekening. Klem op die uniekheid van die geskilderde beeld, sowel wat die fisiese aard as die geïndividualiseerde, mensgemaakte inhoud daarvan betref, is 'n hoeksteen van hierdie kursus by die Kunssentrum.

Graad 10: Leerders word bekend gestel aan die gebruik van akrielverf as 'n medium met 'n fokus op basiese formele elemente as deel van elke projek.

Graad 11: Daar word van leerders verwag om 'n benadering te volg wat meer eksperimenteel is ten opsigte van die onderwerp en die gebruik van verfmateriaal.

Graad 12: Daar word van leerders verwag om die verfmedium met selfvertroue te gebruik asook om 'n duidelike individuele en konseptuele benadering tot hul onderwerp te ontwikkel.