|
VISUELE
KUNS - DRUKKUNS
Drukkuns is die term wat gebruik word vir die handeling van
afdrukke maak en teken. Die term sluit litografie, graveerkuns
en etswerk in, waar afdrukke van verskeie soorte blokke, plate
en skerms gedruk word. In die tradisionele drukproses wat
gebruik word, speel die persoonlike invloed en tegniek van
die kunstenaar 'n groot rol. Grafiese kuns kan ook as goeie
grondslag dien vir leerders wat grafiese ontwerp ná skool
wil bestudeer.
Graad 10: Leerders word hoofsaaklik aan tegnieke soos monodruk,
lino, houtsneekuns en houtgraveerkuns blootgestel. 'n Kombinasie
van collage en drukprosesse word hanteer. Leerders word ook
gelei om oor dissiplines heen te werk en om kennis te dra
van die wisselwerking tussen die idee en die proses.
Graad 11: Leerders se tegniese vaardighede word verder ontwikkel.
Graad 12: Leerders se tegniese vaardighede word verder ontwikkel,
en hulle word aangemoedig om op 'n spesifieke gebied te ontwikkel.
Tegniese aspekte word geëvalueer en die gebruik van skermdrukprosesse
tesame met ander drukprosesse word aangemoedig.
|