|
VISUELE
KUNS - FOTOGRAFIE
Fotografie verwys na die kuns van die neem en druk van foto's.
Die wetenskap van fotografie hou verband met die werking van
lig op sensitiewe liggame in die voortbring van prente en
die vaslegging van beelde. Die doel van die fotografiekursus
is om leerders se kreatiewe denke en tegniese vermoëns te
ontwikkel deur blootstelling aan verskeie tegnieke en metodes.
Die ontwikkeling van visuele geletterdheid is 'n voortgesette
proses deur die hele kursus.
Graad 10: Leerders word blootgestel aan die grondbeginsels
van swart-wit fotografie en donkerkamer-tegnologie, soos gaatjiefotografie,
fotogramme en handgemaakte negatiewe, en word aan film en
die kamera bekend gestel.
Graad 11: Leerders ontwikkel verdere vaardighede rakende die
ontwikkeling en druk van swart-wit film en die formele elemente
van swart-wit fotografie. Op hierdie stadium word die inhoud
van foto's belangriker.
Graad 12: Leerders word aangemoedig om meer onafhanklik te
werk en om 'n persoonlike benadering tot media, tegnieke en
die inhoud van hul werk te hê.
|