English

 

VISUELE KUNS - BEELDHOUKUNS

Beeldhoukuns kan omskryf word as 'n driedimensionele kunswerk wat geskep word deur die vorming of kombinering van materiaal soos harde plastiek, hout, sement en klei. Dit verskil inderwaarheid nie veel van tekenwerk nie, waar 'n analitiese kennis van ruimtelike aspekte verkry word deur analise op 'n tweedimensionele vlak. Tekenkuns vorm dus 'n belangrike deel van beeldhou-analise. Leerders word aangemoedig om te teken en te skets en om hierdie werke te bewaar om as inspirasie en inligting vir toekomstige beeldhoukuns te gebruik.

Graad 10: Leerders word aan 'n verskeidenheid media bekend gestel. Die kursus fokus voorts op die verwerwing van die nodige tegniese vaardighede en op die verkenning van driedimensionele ruimte.

Graad 11: Daar word van leerders verwag om inhoud en tegniek te begin integreer. Die fokus is op langer, grondiger projekte.

Graad 12: Daar word van leerders verwag om 'n persoonlike interpretasie van projekte ten toon te stel. Onafhanklike denke word aangemoedig.