English

 

ONTWERP - TEKSTIELONTWERP

Talle kreatiewe prosesse en produkte word in die tekstielbedryf gebruik. Tydens die onderrig van tekstielontwerp is dit belangrik om leerders van al hierdie prosesse en produkte bewus te maak. In hierdie kursus word drukprosesse soos lino, stensil en skermdruk ontleed deur praktiese gebruik. Die belangrikheid van teken en skets word beklemtoon en leerders word geleer om met sensitiewe en akkurate waarneming te teken. 'n Estetiese gewete word gekweek waarmee leerders verskillende standaarde kan evalueer. Heersende ontwerpneigings word ontleed en praktiese situasies soos binnenshuise versiering word gebruik om die toepaslikheid van die vak te demonstreer.

Graad 10: Leerders word bekend gestel aan die formele elemente van kuns en die beginsels van ontwerp. Hierdie basiese kennis word gebruik in basiese oppervlaktoepassingstegnieke soos aartappeldruk, vervilting, handverf en collagetegnieke.

Graad 11: Daar word van leerders verwag om die tegnieke wat in graad 10 geleer is in kombinasies toe te pas, en 'n meer gevorderde benadering tot oppervlakversiering word verwag.

Graad 12: Daar word van leerders verwag om meer individualiteit ten toon te stel en om tegnieke toe te pas wat in spesifieke projekte geleer is.