English

 

ONTWERP - ONTWERPILLUSTRASIE

Ontwerpillustrasie kan wissel van sketse wat 'n uiteensetting van idees gee tot voorleggingstekeninge wat 'n produk verduidelik. Ontwerpillustrasie bring die studie van figure, plante, diere en industrieel ontwerpte voorwerpe byeen. Leerders word opgelei om kreatiewe illustrasies wat tekstuele inligting vir tydskrifte, boekomslae en plakkate verhelder of dekoratiewe illustrasies wat oorgedra kan word op lampe, borde en baniere te ontwerp. Die ontwerp van lettersoorte vorm ook deel van hierdie kursus.

Graad 10: Die basiese beginsels van ontwerp word bemeester, asook 'n verskeidenheid illustrasietegnieke, storiebou, kleurbewustheid en die verhouding tussen teks en beeld.

Graad 11: Leerders word aangemoedig om hul eie illustrasiestyl te ontwikkel deur die kennis wat hulle in graad 10 verwerf het, te gebruik en daarop voort te bou.

Graad 12: Leerders werk onafhanklik aan vasgestelde projekte. Hulle mag enige tegniek kies of die projekte volgens hul belangstelling aanpas. Dit is belangrik dat hulle hul eie kreatiewe identiteit as illustreerders ontdek.