English

 

ONTWERP - KERAMIEKONTWERP

Keramiekontwerp fokus op die kuns of tegniek waarmee keramiekvoorwerpe gemaak word, veral van vuurklei. Tegnologiese vooruitgang deur die eeue het bykans geen invloed op keramiek gehad nie. Die handbou-tegnieke wat vandag gebruik word, is waarskynlik nie baie anders as dié wat duisende jare gelede gebruik is nie. Die basiese vaardighede wat 'n pottebakker nodig het om 'n keramiekproduk suksesvol met die hand te bou, verskil ook nouliks van die vaardighede wat lank gelede gebruik is.

In teenstelling met pottebakkers wat op die wiel werk en vir jare moet oefen om die tegnieke te bemeester, kan handbouers baie vinniger vaardig word met 'n bietjie oefening en 'n paar eenvoudige instrumente. Hierdie kursus is dus meer geskik vir leerders wat slegs 'n beperkte tyd by die Kunssentrum spandeer.

Graad 10: Leerders word bekend gestel aan die basiese tegnieke, soos kleiwerk, handbou, toepassing van kleur en glasuring. Die kursus dek ook die teoretiese grondslag.

Graad 11: Daar word van leerders verwag om bykans onafhanklik te werk met 'n hoë vlak tegniese vaardigheid en bekwaamheid.

Graad 12: Leerders verfyn hul vaardighede en moet die keramiekmateriaal, -tegnieke en -prosesse bemeester om werk te skep wat verteenwoordigend is van meesterlike kunstenaarstalent. Hulle ontwikkel oorspronklikheid en bewustheid van die moontlikhede wat hierdie medium bied.