English

 


GRAAD 8 - 9


In grade 8 tot 9 doen leerders 'n kursus in Algemene Kuns. Die klem is op die praktiese komponent met 'n algemene oorsig van kuns deur die eeue in die teoretiese komponent. Die grade 8 tot 9 jare vorm 'n eenheid aangesien al die praktiese dissiplines wat beoefen word as gespesialiseerde rigtings in grade 10 tot 12 in hierdie 2 jaar beoefen word.

Leerders doen 'n projek in skilder, beeldhou, keramiek, illustrasie, drukkuns, teken en fotografie.

Die leerders word dus aan die dissiplines blootgestel. Dit stel hulle in staat stel om 'n ingeligte besluit aan die einde van die graad 9 jaar te maak wanneer hulle 'n vakkeuse vir graad 10 tot 12 moet maak.